Nuut by Naledi: Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais

  • 0

Sirkelgang is die digter se 14de digbundel en verskyn toevallig 40 jaar ná sy debuutbundel.

Volgens Alwyn Roux van Unisa is Marais se nuutste digbundel ’n verbeeldingryke uitbreiding van sy poëtiese oeuvre. Dit spreek die kernkwessies van ons tyd op ’n ekologies-sensitiewe wyse aan in tegnies vaardige en beeldryke taal.

By nadere ondersoek kom daar ’n indrukwekkende poëtiese struktuur uit die verse na vore, wat tegelykertyd intiem en universeel is, en só noukeurig geslyp is dat elke woord onmisbaar is.

Hy debuteer in 1983 as digter en het veral as ekodigter bekend geword. Vir sy debuutbundel, Die somer is ’n dag oud (1983), het Marais die Ingrid Jonker-prys in 1985 ontvang en vir Diorama (2010) is hy met die South African Literature Award for Poetry 2012 bekroon.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top