Rumi: Liefdesverse en aanhalings is ’n keur uit Jalāl al-Dīn Rūmī, die Midde-Oosterse Shakespeare, se omvangryke digkuns, uitgesoek en vertaal deur Dietloff van der Berg.
Rumi se werk het sedert die 1960’s in Engelse vertalings ’n geweldige aanklank by lesers gevind en is steeds die topverkoper van alle digkuns in Amerika. Sy wêreldwye invloed is so groot dat UNESCO 2007 as die Rumi-jaar verklaar het ter herdenking van die 800ste jaar van sy geboorte.

