
Reisgenote bevat ’n keur uit die kortverhaalbundel Die reisgenoot wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van ’n meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van HP van Coller). Ingesluit by hierdie bundel is ’n CD waarop verhale voorgelees word met musiek deur Joanita self gekomponeer. Die voorleser is Christo Olivier, bekende omroeper en rugbykommentator. As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.


Kommentaar
Middag ek is Charmaine Ingram. Mag ek asb my boek wat ek geskryf het vir julle email?
Charmaine. LitNet is nie 'n uitgewer nie. As jy Naledi wil kontak, gaan asseblief na hulle webruimte. https://naledi.co.za/