Nuut by Naledi: Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee

  • 0

Op pad na Grysberg is ’n baanbrekerroma; 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skrywers het deelgeneem aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ’n vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ’n post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: Die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy haar seun weer sien? Dit is ’n unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrika se se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top