Nuut by Naledi: Nalatenskap: Die soet en suur van familieondernemings deur André Diederichs

  • 0

Die lewe gaan oor keuses. Sommige keuses sal vir altyd by ons spook.

Willem se veroordelende woorde teenoor sy enigste seun, Wilhelmus, se keuse van ’n lewensmaat het veroorsaak dat hulle al vir meer as twee dekades van mekaar vervreem is. Al wat nou sy lewe oorheers, is die diep begeerte om sy seun net een maal weer te sien. 

Dries is ’n voorbeeldige pa en getroue huweliksmaat. Sy onbesonne daad met Marichen tydens ’n studentetoer na die Oktoberfees in Duitsland jare gelede kom spook by hom wanneer Brigitte vanuit Duitsland by sy kantoor in Middelburg opdaag.

Die verhaal in die boek is gebaseer op André Diederichs se uitgebreide ervaring van familieondernemings waar baie van die konsultasies mediasies is om konflik te ontlont. Tagtig persent van geregistreerde sakeondernemings in SA is familieondernemings en 96% van kommersiële boere is familieboerderye. As jy hou van die dramas en intriges wat in familieondernemings afspeel, en ook wysheid oor die beste praktyke wil bekom, dan hoef jy nie verder as hierdie boek te soek nie.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top