
Daar is ’n groeiende behoefte aan betekenis, vrede en kalmte in die vinnig veranderende en ietwat chaotiese wêreld waarin ons tans leef. Ons lewensreis kan vergelyk word met die ervaring van bergklim. Dit is ’n avontuur met op- en afdraandes, rusplekke, ’n reis na bo, ’n wedloop van motivering, geduld en krag, maar uiteindelik is dit die mees asemrowende gevoel wanneer jy die kruin van die berg bereik.
Indien jy ooit sou besluit om Everest aan te pak, sal jy dit waarskynlik onder leiding van ’n Sjerpa-gids doen. ’n Sjerpa op jou lewensreis kan jou leer van gemaksones, ankers, jou rugsak, uitbranding, nederigheid, empatie en ’n spirituele benadering.
Lesers word uitgedaag om ’n kopskuif te maak en self oplossings te vind vir hul probleme en die lewenspad vorentoe. Hierdie boek help mense om die kuns van lewensafrigting en bewusvolheid aan te leer en gee hulle vryheid om dit op hul eie manier toe te pas. Wat doen jy wanneer die lewe jou platgeslaan het? Hoe hanteer jy verandering en staan jy weer op? Van wenslysie tot werklikheid en om uit die donker na die lig te beweeg.


Kommentaar
Baie geluk, Ansja!