Nuut by Naledi: Mister Angelo Alzheimer deur Jef Geeraerts

  • 0

Vertaal deur Fanie Olivier

Jef Geeraerts (1930–2015) is in Antwerpen gebore en is een van die belangrikste Vlaamse skrywers uit die tweede helfte van die vorige eeu. Hy het as romanskrywer, vertaler en essayis ’n beduidende bydrae gelewer en het met sy dood ’n omvangryke oeuvre nagelaat, wat sowel literêre as populêre romans ingesluit het.

Sy belangrike bekroonde vroeë werk, wat veral spruit uit sy dienstydperk in die destydse Belgiese-Kongo (vandag die DRK), word hoog aangeslaan as as gevolg van die literêre verskuiwings daarin. Die eksplisiete seksuele beskrywings daarin is in die konserwatiewe Vlaamse gemeenskap as pornografie bestempel. Met die verandering rondom sienings oor kolonialisme, word sy Gangreen-vierluik mettertyd minder aanvaarbaar en is hy selfs by tye as rassis gebrandmerk.

Hy begin in die 1980’s misdaadromans of krimi’s skryf, bemeester gou ’n totaal ander skryfstyl, en behaal groot sukses. De zaak Alzheimer, waarvan Mister Angelo Alzheimer die vertaling is, is een van ’n lang reeks krimi’s waardeur die polisie-duo Vincke en Verstuyft volksbesit geword het, soos wat in Afrikaans byvoorbeeld die geval is met Deon Meyer se Bennie Griessel. Uit hierdie reeks is De zaak Alzheimer, asook Dossier K, verfilm en het lokettreffers geword, terwyl Diamant tot ’n gewilde TV-reeks verwerk is.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top