Nuut by Naledi: Mianke fluister vir perde en skryf ’n storie deur Jan Bezuidenhout

  • 0

Kan ’n rockster op ’n Karooplaas bly en werk? Natuurlik, dis presies wat Mianke van den Hever van Hanover is en doen. Dié besonderse plaasnooi, wat met Downsindroom gebore is, boer en leef haar uit tussen perde, skape, beeste, wild, klein diertjies in die veld, haar honde en die plaasmense op Beestekuil. Pa GP het vertel dat Mianke van kleins af ’n boek wou skryf, maar dat die verstaan van letters en woorde haar nie beskore is nie. GP vra of ek kan help om dié droom te verwesenlik? Sy het haar netjies voorbereide storie uit haar kop aan my vertel en dit is hier op skrif gestel, soos sy dit wou hê.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top