Nuut by Naledi: Marlene van Niekerk: Die tempteerbare oog, ’n huldiging deur Marius Crous (redakteur)

  • 0

Marlene van Niekerk se oeuvre is ’n illustrasie van die formalistiese konsep vreemdmaking, want nie net word die alledaagse taal verruim en verbreed nie, maar selfs die opvattings oor die aard van tekste en genres word voortdurend bevraagteken.

Alhoewel haar werk intellektueel uitdagend is en ’n deurdagte filosofiese onderbou bevat, is daar heelwat satire, spot en selfrefleksie aanwesig. Die opstelle in hierdie bundel beskou haar werk vanuit ’n verskeidenheid teoretiese invalshoeke en handel oor die sentrale kwessies in haar oeuvre, naamlik die skeppende skryfproses, die aard en funksie van skryf, die mens en die omgewing, vertelling en vertaling, kos en kosmaak, asook die uitbeelding van universiteite. Die navorsers is almal jong akademici wat aanklank vind by Van Niekerk se werk.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top