Nuut by Naledi: In pas deur Karel Prinsloo

  • 0

Dié is die derde digbundel van Karel Prinsloo met Pretoria as vertrekpunt. Kontemporêre gebeure en persoonlike ervarings van die digter word ontgin om boeiende perspektiewe op die era en omgewing waarin hy leef, te bied. Verskeie van die gedigte raak aktuele kwessies in die hedendaagse Suid-Afrika en die wêreld aan: Kragonderbrekings, staatskaping, watertekort, omgewingsbewaring, pynhantering, mediese kostes, eensaamheid, veroudering, Covid-probleme en wêreldonrus kom ter sprake.

Roerende belewenisse eie aan sy persoonlike leefwêreld word in toeganklike, beeldende verse weergegee. Sy kenmerkende digterstem en -styl word in dié bundel verder verfyn en versterk.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top