Nuut by Naledi: In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

  • 0

In sy groot filosofiese werk Arbeit am Mythos (1979), in Engels as Work on Myth (1990) beskikbaar, doen die groot Duitse filosoof Hans Blumenberg (1922-96) iets so radikaal dat baie mense veertig jaar later nog nie na behore weet wat om daarmee te maak nie.

Hy veronderstel ’n onderskeid tussen twee modusse van dink en stel dit voor as ’n basiese rooster wat álle denke ondervang – die mitewerkende modus en die modus van die rede. Dit is ’n onderskeiding wat nuwe lig werp op van die hardnekkigste problematieke der tye.

Die twee dinkmodusse wissel mekaar af, vul mekaar aan en oorvleuel soms. Tog is hulle glad nie dieselfde nie. Ons het hier te make met ’n “mystery story” van die mens se denke. En dit is broodnodig om daarvan kennis te neem. In die verwarring en chaos waarop die laatmoderne wêreld uitgeloop het, lyk dit asof Blumenberg se radikale onderskeid veel kan doen om ’n verstandhouding met situasies in die hand te werk wat al hoe meer lyk of dit die mensdom in sy geheel wil kelder.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top