Nuut by Naledi: Helaas deur Hennie van Coller

  • 0

Helaas is ’n bundel wat ondermeer staan in die teken van die toenemende ouderdom en naderende dood.

Die bundel bevat talle intertekstuele heenwysings na veral Nederlandse digters en hul werk, en die tweede helfte van die bundel bestaan uit vertalings uit die Middelnederlandse letterkunde, sowel van bekende, klassieke gedigte. Heelwat humoristiese en satiriese eie gedigte (ook liefdesverse) kom daarin voor.

In hierdie bundel word daar op intellektuele wyse ’n groot verskeidenheid onderwerpe hanteer en interessant genoeg sluit dit juis ook emosionele sake in. Die digter besin oor sy herkoms en sy toekoms, sy huis, sy lewe in sy gesin, maar ook oor ander digters en skrywers, oor sensitiewe en oor intellektuele kwessies.

Die gestrooptheid en direktheid van die verse spreek tot die leser. Daar is veel in dié bundel wat meevoerend en ontroerend is.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top