
Die bundel het drie afdelings met reis, verhoudings en verliese as temas. Louise poog om die ervaring van ontdekking, hetsy van emosie, ’n landskap of die verloop en verliese van alledaagse lewe, te verbeeld. Die verse is eenvoudig, deursigtig en maklik om te verstaan. Die ontginning van ’n reis, of dit gaan om jou binnelewe of ’n landskap, kom telkens na vore.

