Nuut by Naledi: Die rumoerige swart nar: Etienne Leroux – ’n huldiging deur Hennie van Coller (redakteur)

  • 0

Etienne Leroux het die moderne Wes-Europese en veral die Suid-Afrikaanse mens en werklikheid van die grootste gedeelte van die twintigste eeu op ’n verbluffend oorspronklike wyse artistiek gedokumenteer. Die psigologie van veral Carl Gustav Jung, mitologie, satire en selfs die populêre kultuur vorm skering en inslag van sy gevarieerde oeuvre.

Deurgaans word ’n ingewikkelde verwysingsveld in bedwang gehou deur ’n toeganklike oppervlaktestruktuur en veerligte aanslag, vol humor en ironie. Hierdie publikasie deur letterkundiges en digters is ’n veelkantige huldeblyk aan Leroux, en sentrale aspekte van sy werk word hier – dikwels deur die gebruik van nuwe teoretiese invalshoeke – onder die soeklig geplaas. So kom verrassende nuwe insigte na vore en word onomwonde getoon dat Leroux se plek in die (Suid-) Afrikaanse literêre kanon stewig verskans is. Herskrywing en herinterpretasie is altyd ’n huldebetoon; in die geval van Leroux (met ondermeer twee Hertzogpryse en drie eredoktorate tot sy krediet), welverdiend.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top