Nuut by Naledi: Die hart van ’n ma deur Daniëlla van Heerden

  • 0

Die dag wanneer jy ’n ma word, verander jou lewe ingrypend, vir ewig.

Gebaseer op die joernalis Daniëlla van Heerden se gewilde podsending ’n Ma & ’n Mikrofoon (met meer as 100 episodes as inspirasie), is ’n keur van dié gesprekke nou verwerk in geskrewe vorm: eerlik, inspirerend en eg Suid-Afrikaans.

In dié bundel word ouerskap en al die verskillende fases daarvan gevier en bespreek: die onsekerheid van ’n eerste swangerskap tot die opwinding en chaos van ’n pienkvoet in die huis. Die uitdagings van die tienerjare tot die heimwee van ’n leë nes.

Jy gaan die ouerskapstories hoor van uiteenlopende bekende ma’s (soos die aktrises Simoné Pretorius en Lindie Strydom en politikus Helen Zille), maar ook leer by minder bekende, maar ewe merkwaardige vroue. Hulle sluit in Tina van Deventer (’n ma van twaalf kinders!), Tarryn Bell (wat sterwende kinders versorg) en Shani Little (’n ma wat geweier het dat blindheid of borskanker haar stuit.)
Dié bundel is die ideale geskenk vir Moedersdag, ’n ooievaarstee of vir enige vriendin en ma wat soms net moet onthou: Jy is nie alleen nie.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top