
Mymeringe oor die spiritualiteit van skoonheid, sterflikheid en sin; ’n outobiografiese reisverhaal deur Amper-Stamperland
- Hierdie boek wil jou op ’n spoor van saam- en nuutdink vat. Bietjie weg van die deurgetrapte pad – op ’n nuwe pad.
- Om só stamelend te wonder, is om te mymer en na taal te soek wat die onsegbare en onsigbare dimensie van lewe gestalte probeer gee.
- Gee Facebook onder die nuwe handelsnaam Meta, binne die kuberruimte van Elon Musk se SpaceX, ’n finale tuiste vir ons soeke na geborgenheid?
- Vir elke mens wat wonder oor die sin van die lewe te midde van ons daaglikse materieel-gedrewe bestaan.
- Is veroudering, dood en sterwe bloot skrikwekkend en aftakelend of kan die graf ook “mooi” wees?
- Kan God ’n rots maak wat vir Hom te swaar is om op te tel? Indien nie, waarom nog praat oor “almag” terwyl mans kindertjies op die Kaapse Vlakte verkrag, mense op vullishope na kos soek en Covid-19-pasiënte in isolasie sterf?

