Nuut by Nadeli: Die vlug van ’n vreemdeling deur Magmoed Darwiesj

  • 0

Magmoed Darwiesj (1941–2008) se werk is letterkundig uitsonderlik. Dié bekroonde digter word gesien as een van die belangrikste digters in die Arabiese taal. Meer as twintig digbundels en tien prosawerke verskyn uit sy pen. Hy word beskou as die stem van sy mense en ’n legende.

Die vlug van ’n vreemdeling is omdigtings van Darwiesj se belangrikste verse. Vir die eerste keer kan die Afrikaanse leser die trefwydte en impak van die werk van hierdie belangrike digter in sy spreektaal ervaar.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top