
As jy met ’n terminale siekte gediagnoseer is, het jy twee keuses: bly lê, of staan op en doen wat die siekte en die wêreld nie van jou verwag nie. In hierdie dapper, praktiese boek ondersoek geliefde skrywer Madelein Rust hoe om te leef nou dat sy besig is om dood te gaan. Sy benader haar komende dood op ’n praktiese manier en gee tot ’n lys Bybelverse om jou te versterk en te troos. Madelein trek as’t ware die dood se angel – vir haarself, maar ook vir enige siek persoon en hulle geliefdes.


Kommentaar
Is hierdie boek die geld en moeite werd? Ek is gediagnoseer met longkanker en my hele lewe deur is ek aangesien as 'n sterk mens, maar hierdie siekte oorheers my lewe en my gedagtes en is besig om my geestelik te vernietig.