
Vroue speel nog altyd ’n sentrale rol in ons samelewing, beide in die openbare en private sfeer. Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van in die kerk, die politiek, die sakewêreld, sport en wetenskap? En het die vrou se rol oor die jare verander?
Bettina Wyngaard, ’n Overbergse skrywer, dromer, aktivis en regsgeleerde, ontleed dié kwessie in ’n gesprek tussen Bybel en grondwet van toeka tot nou. Sy gaan kyk spesifiek na die sogenaamde tekste van verskrikking (“texts of terrors”) en beskryf die omstandighede waarin vroue sedert die Bybelse tye leef en hoe die vrou op talle vlakke vandag nog misbruik word.
Onverskrokke vroue is ’n omvattende opgaaf van die vrou se uitdagings en oorwinnings sedert Bybelse tye. Dit is ’n goed nagevorste naslaanbron wat nog vir etlike jare relevant sal wees.

