Nuut by LAPA: Uitverkies deur Noreen Nolte

  • 0

Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde 13 gesigte waarin sy dagin en daguit vaskyk ... Dan word Zia se boetie beseer en hulle het medisyne nodig wat net in die Kolonie gevind kan word – agter die hoë, geëlektrifiseerde heinings. Dis haar kans om terug te gaan en self die waarheid te gaan soek. Gaan die antwoorde wat sy kry wees wat sy wil hê, of wag daar ’n ver donkerder noodlot op haar? Hierdie distopiese verhaal is in 2021 as naaswenner van LAPA se jeugromankompetisie aangewys, en ook bekroon as wenner in die jongvolwassefiksie-afdeling.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top