Nuut by LAPA: Die ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas deur Felicia Snyman-du Toit

  • 0

Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terriër-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In Die Amadidas speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bome en bosse – die Amasone! Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer ... Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top