Nuut by LAPA: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen

  • 0

“Jy het ’n goeie hart, Tumelo. Maar onthou, familie is belangrik. Ons kyk eers na mekaar.” Tumelo tel een middag ’n swaeltjie in die veld op. Sy is swak en beseer, maar hy wil haar gesond maak. Fumane moet weer vlieg. Gou word Tumelo egter soos daardie swaeltjie. ’n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa. Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê? Of kan hy weer vlieg?

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top