
Diep, diep in ’n donker bos
waar die son net soms deur die takke loer,
diep, diep in ’n donker bos
waar die varings welig diepgroen staan,
diep, diep in ’n donker bos,
in ’n hol boomstomp, net onder ’n blaar,
woon die Babalela.
Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos – en beleef hope avonture! Die vier stories is nou almal saam as boekpak beskikbaar. Titels in die reeks:
- Babalela
- Diep, diep in ’n donker bos
- Los ons uit!
- Ons kan!

