Nuut by Kwela: Kompoun deur Ronelda Kamfer

  • 0

Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word. Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top