Nuut by Human & Rousseau: Môre en gistraand en die einde van die maand deur Philip de Vos

  • 0

Dié jongste bundel verse deur Philip de Vos is vir jonk én oud, en getuig opnuut van sy vakmanskap as digter, sy slinkse, aweregse humor, maar ook sy fyn waarnemingsvermoë. Ritme dien as ruggraat vir elke vers, met ’n goeie skeut tong-in-die-kies stuitigheid, maar soms ook met ’n melancholiese, elegiese ondertoon. Daar is verse oor die Skepping, oor Moses en oor Lot, verskeie oor nig Mara en Maraaia, en ter afsluiting meer as ’n hand vol stoute kwatryne.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top