Nuut by Human & Rousseau: Marinda se kinderkombuis deur Marinda Engelbrecht

  • 0

Marinda se kinderkombuis is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte is daar ’n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier help met skoolvakke, lees en skryf. Leer saam met Sjef Sout om ’n omelet te maak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word ’n laboratorium wanneer hy wys hoe om ’n kleureskouspel met melk op te tower, en nog vele meer.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top