Nuut by Human & Rousseau: Kanniedood deur Irna van Zyl

  • 0

Skinderpraatjies veroorsaak dat speuradjudant Storm van der Merwe tydelik geskors word. Die omgewingsaktivis Jane English nooi haar uit om tot verhaal te kom op haar wildplaas buitekant Barrydale. Maar Jane het ’n verskuilde agenda: ’n sindikaat het die vorige week bitter skaars vetplantjies van haar plaas gestroop en sy smeek Storm om die smokkelnetwerk oop te vlek.

’n Blitslekker krimi oor omgewingsdiefstal deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top