
Eybers se verse was jare laas in druk. Dié keuse, uitgesoek deur Ena Jansen, ’n goeie vriendin van haar, wys op Eybers se veelsydigheid as digter. Die bloemlesing behels onder meer die bekende "Maria" en "Busrit in die aand", verse oor haar kinders en die emigrasie na Nederland, tot haar latere, aangrypende gedigte oor ouer word. Goeie poësie is tydloos, en dit blyk duidelik met dié uitgawe van Eybers se bekendste werk.

