Nuut by Human & Rousseau: Die ooggetuie deur Wilna Roux

  • 0

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie. Om dinge nog meer te kompliseer, is Julia heimlik daarvan oortuig dat die aangeklaagde skuldig is aan moord.

Dié pakkende hofdrama speel af in die Boland – die eerste in die nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top