Wynand se ma is nou wel ’n superheldin met supersoniese, superheldin-tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak ’n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! Wat kan tog fout gaan?