Nuut by Human & Rousseau: Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler

  • 0

Helga Roets woon al ses jaar by Silwerhare Aftreeoord, maar danksy haar motortjie bly sy bedrywig. Wanneer sy deur die oogarts met makulêre degenerasie gediagnoseer word, is Helga raadop. Dis dan so ’n bedrywige week wat voorlê, twee begrafnisse en 'n troue in die Paarl!

Dinsdag glip Helga suutjies uit by die aftreeoord, reg om haar reisavontuur te begin. Maar die orige Stefaans de Wet wag onder die lamppaal, so ewe van plan om haar te vergesel. Net omdat sy kwansuis nie kan sién nie.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top