
Derde gety dui op ’n oorgang waarin hede en verlede versmelt. ’n Nuwe tyd-ruimte van ewewig, besinning en tuiskoms breek aan, waarby uiteenlopende onderwerpe uit ’n ryk ervaringswêreld betrek word. Die bundel behels ’n verskeidenheid beeldryke verse, met ’n fyn aanvoeling vir onder meer skoonheid in al haar manifestasies, menslike verhoudings en deurgaans ook ’n maatskaplike bewustheid. Die taalgebruik is vindingryk maar helder, en die gedigte getuig van ’n besonderse poëtiese vakmanskap.


Kommentaar
Baie geluk, Zandra.