
Nataniël vier 20 jaar as "Kaalkop"-rubriekskrywer met hierdie nuwe versameling van sy gewilde SARIE-rubrieke: 107 "Kaalkoppe" geskryf vanaf 2012 tot 2021. Eerlik, persoonlik, nugter, inspirerend, melankolies, hartseer, opgewonde, driftig, simpatiek, verbaas, dwars, reguit en vasbeslote mik hy na elke moontlike emosie. Met die wêreld op sy kop was daar nog nooit ’n beter tyd vir ’n boek soos dié nie.

