
Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n bundel nuwe tematiese en geïllustreerde verhale vir gr 4–6- Afrikaans EAT-leerders.
Die verhale skop met ’n besprekingstemavoorstel en woordelys af om woordeskat aan te leer. Preleesvrae bied leerders die kans om dié woordeskat tydens klasbesprekings te gebruik. Engelse vertalings van moeilike woorde vergemaklik die leesproses. Elke verhaal, wat die KABV-riglyne volg, bied ook postlees- kontekstuele vrae en verrykingsaktiwiteite.

