’n Leeslys vir kinders wat tuisbly: NB-Uitgewers se keuse

  • 2

Is jou kinders tuis vasgekeer en sit hulle heeldag voor ’n skerm? LitNet het by ’n paar uitgewers gaan aanklop vir voorstelle wat jong lesers in hierdie tyd kan lees. Hier is boeke wat NB-Uitgewers aanbeveel. Die kinders sal lekker lees én ontdek dis al die tyd ’n voorreg om ’n huis te hê waarin hulle in hierdie ongewone tyd vasgekeer kan wees! 

Rachel Renée Russell

Dagboek van ’n dork 1: Stories van ’n nie-so-fantastiese lewe

Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetisie is! Wat staan 'n dork te doen? Lees Nikki se dagboek vol drama en dinge en maak reg om die dork in jouself ’n drukkie te gee.

Rachel Renée Russell

Dagboek van ’n dork 2: Stories van ’n nie-so-gewilde partytjiepop

Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan, maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Nikki besef haar droom om saam met Brandon dans toe te gaan kan waar word. Maar hoe woon jy twee partytjies tegelyk by?

Chris Venter

Hasie, hoekom is jou stert so kort?


Hierdie verbeeldingryke stories oor die ontstaan van mense, diere en dinge is gunstelingvoorleesstories van kinders en ouers. Hierdie versameling bevat 14 verhale, byeengebring deur uitgewer Michelle Cooper. Dit sluit die San se pragtige verhaal in oor waar die sterre en Melkweg vandaan kom, hoe Hiëna sy hinkstappie gekry het, waarom die son in die lug hang, waarom Hasie se stert kort is, waarom Jakkals 'n swart streep op sy rug het, en meer.

Alba Bouwer, Katrine Harries (illustr)

Rivierplaas: Alba Bouweromnibus

Die geliefde skrywer Alba Bouwer sou in 2020 haar 100ste verjaardag vier. Haar Rivierplaasstories het klassieke status in Afrikaans verwerf. Hierdie heruitgawe bring hulde aan die skrywer van hierdie ikoniese stories van Alie, en Rivierplaas se mense, met die oorspronklike illustrasies van Katrine Harries.

Bettie Naudé

Saartjie Omnibus 8

In die laaste omnibus in hierdie reeks, wat nóg drie gewilde Saartjiestories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit. Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en 'n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan 'n groot kompetisie wat 'n reis na Amerika as prys aanbied.

Sally Ann Partridge

Sea Star Summer

All 16 year old Naomi wants to do over December is to read her books and avoid other people. Jeffreys Bay promises the perfect dramafree holiday. But when she encounters the strange and imaginative Elize on the beach, a budding friendship blooms. Elize however isn't the first to notice the awkward, redhaired newcomer and soon Naomi finds herself at the centre of a love triangle between a blue-eyed local surfer and Elize's dark and mysterious brother. Handsome Daniel would be the perfect addition to her Instagram stories, while brooding Marius offers the chance of real adventure. But what if the person Naomi really wants to be with is Elize? A touching coming of age story about young love and selfdiscovery.

Topsy Smith

Trompie Omnibus 8

Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompiestories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.

  • 2

Kommentaar

  • Kyk ook gerus na Groenheide Boeke se kinderreekse: Die Poniehoewe-Klub; Lang Henning se Karoo-Avonture; en Emma Roux - speurder. Beskikbaar as e-boeke vanaf hulle webwerf en Amazon.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top