Exclusive Books se Wishlist 2011 het LitNet se personeel geïnspireer om ook wenslysies op te stel vir weggeegoed hierdie Kersfees. Hier is die boeke van die Exclusive Books Wishlist wat Maggie van Eeden vir haar geliefdes op ’n wenslysie wil sit.
|
Maggie van Eeden
Webmeester: SêNet |
![]() |
![]() |
Meer as rugby deur Pierre Spies en Myan Subrayan Ek sal moet lootjies trek om te bepaal of my man of my pa hierdie boek kry. Albei is gek na rugby – eintlik maar sport oor die algemeen – en sal ’n kopie waardeer. Eindelik maak dit nie saak wie hierdie kopie kry nie, want my gewete sal maak dat ek ’n tweede een koop. |
|
Sirkusboere deur Sonja Loots Vir my goeie, nuuskierige vriend Egbert Meyer. Hy was saam met my by Sirkusboere se bekendstelling en ek sou graag sy Kersvakansie nog beter wou maak. |
![]() |
![]() |
The Last Sushi deur Zapiro Ek sal vir Kersvader moet vra om hierdie aflewering vir my te behartig, want ek twyfel of mnr Julius Malema die sin vir humor het om ’n pakkie van ’n mere mortal af te aanvaar. Hopelik sal hierdie toestand van hom ná die lees van The Last Sushi ietwat verbeter. |
|
Round the Bend Vir my vriend en motorjoernalis Gerhard Horn. Vandat ek hom ken, sê hy altyd sy toekomstige middeljarekrisis gaan met een woord beskryf kan word: Ferrari. Ek is seker hy sal graag hierdie boek tot sy Clarkson-versameling toevoeg. |
![]() |
![]() |
Man Lab deur James May Dit gebeur seker so een maal ’n week dat ek in ’n haas ons leefkamer binnestorm en probeer vasstel waarom my liefste man hom letterlik uit asem uit lag. Dit is gewoonlik as gevolg van Man Lab se gelyknamige TV-reeks. Ek snap dit nie, maar ek weet die beter helfte sal dié boek waardeer. |







