Misbruik van kinders

  • 17

Wouter, dankie vir jou bydrae: Vyf mites: Roomse Katolieke Kerk en seksuele wandade van 2013-07-11. Die voorbeelde gaan hier oor 'n enkele kerk. Dit kan waar wees van enige ander kerk of sosiale groep. Daar sal altyd enkelinge wees met bose neigings. Veral waar iemand 'n werklike status in sy organisasie verwerf is die neiging daar om die posisie te misbruik. Ek het 'n man geken wat as 'n klein kind deur hierdie ellende is. As dit net 'n geval was van 'n “oom” se misbruik was dit erg genoeg maar die volgende stap was dat die mannetjie by sy pa ('n pastoor!) en ma gekla het, wat hulle dadelik opgeruk het oor die saak en nie hulle eie seun wou luister nie! Hoe word so 'n lewe ooit weer normaal?

Wat ons hier nooit-nooit mag vergeet nie is dat dit oor die beskerming van onskuldige kinders gaan. Sodra 'n mens in die omgewing van verkeerde dinge kom is die neiging daar om terug te trek. Dit durf nie ons reaksie wees nie. Ons mag nie onbetrokke wees nie. Enigiemand wat nie onreg teenoor 'n kind as persoonlike boosheid sien en daarvan werk maak nie is self boos en moet so deur die gemeenskap behandel word.

Dit hoef nie persoonlike negatiewe reaksies te hê nie. My bewustheid van 'n moontlike probleem maak my nie negatief nie, inteendeel, ek het groter waardering vir die wonderlike werk wat talle onderwysers, maatskaplike werkers en talle ander doen. Ek steun hierdie mense openlik en positief en sonder enige agterdog. As 'n luis op 'n dag dalk sy kop wys sal ek die saak op die regte wyse aanroer en die situasie sal dopgehou word. As hierdie benadering deur almal in elke gemeenskap gevolg word sal die uitbuiting van talle kinders verhoed word. Ons gaan nooit 'n volmaakte wêreld hê nie. Met talle positiewe mense in die gemeenskap sal die “luise” uitstaan en maklik raakgesien word.

Ek weet ons plaas elkeen graag in 'n hokkie, Rooms Katoliek, Protestant, Agnostikus, konserwatief Joods, ens, ens. Ek weet agnostici is geneig om hulself op die skouer te klop en is bereid om 'n ligte kopknik in hulle rigting te gee. Waar laat dit ons?

Ek het Wouter gevolg by sy siening van Rooms Katolieke. Dis altyd 'n moeilike een. Net die betrokke hart weet of sy diepe verklaarde liefde daar is in eiebelang of ter ere van sy Skepper. Daar is talle katolieke wat rede het om trots te wees op hulle kerk en talle van hulle leiers. In omstandighede waar kinders die risiko loop om misbruik te word het ons nie die gewone vrye keuse van vir, teen en neutraal nie – jy spreek jou eenvoudig duidelik uit (dis my benadering) vir hierdie saak en teen enigeen wat nie bereid is om duidelik standpunt in te neem nie of effens traag is oor spoedige optrede. Jammer Cornelius, maar as jy nie bereid is om duidelike standpunt in te neem nie is jy deel van die vyand.

Mag elkeen van ons (ook agnostici) duidelik ons ligte laat skyn en hierdie vervloeking se omvang sal verklein en meer kindertjies sal normaal kan groot word. Jy moet gereed wees om ook 'n bydrae te lewer.

Die jongste Rapport lewer weer 'n voorbeeld op. Stel jou voor 'n vierjarige dogtertjie wat nie op haar mammie kan staatmaak vir beskerming nie. Odette Schoeman se terapie was om haar verhaal in Swartskaap te vertel. Sy het geen kontak meer met haar ma nie en beoog nou 'n hofsaak teen haar ma se vriend. Sulke dinge gebeur in die geheim – dis jammer dat mens nie soms in die posisie is om met 'n swaar, onbekende voorwerp reg te laat geskied in sulke situasies nie.

George

  • 17

Kommentaar

  • George

    Ek stem saam. Hierdie is 'n wrede werklikheid wat enorme skade veroorsaak. En indien hierdie dinge in 'n kerk aangetref word, wat nog van die buitewêreld? Molestasie is juis die oorsaak dat een geslag nie iets met ander geslag te doen wil hê. Miskien strek Sodom en Gamorra se oorsake juis vanuit weerlose kinders ... ? 

  • CorneliusHenn

    Beste George,  

    Jy tik: "Daar is talle katolieke wat rede het om trots te wees op hulle kerk en talle van hulle leiers. In omstandighede waar kinders die risiko loop om misbruik te word het ons nie die gewone vrye keuse van vir, teen en neutraal nie – jy spreek jou eenvoudig duidelik uit (dis my benadering) vir hierdie saak en teen enigeen wat nie bereid is om duidelik standpunt in te neem nie of effens traag is oor spoedige optrede. Jammer Cornelius, maar as jy nie bereid is om duidelike standpunt in te neem nie is jy deel van die vyand."  

    George, ek het myself reeds menigmaal en oor baie jare heen hieroor uitgespreek.  

    Ek gee egter toe dat ek myself moontlik met die vraag misgis, en daarom geheel verkeerd beantwoord.  

    Nietemin, ek herhaal kortliks enkele van menige punte met die hoop dat my standpunt duidelik sal wees.  

    Ek is geen kundige en het geen ervaring omtrent pedofilie nie ...  

    Hoekom moet die molestering deur Katolieke priesters, meer aan die kaak gestel word in die samelewing as die molestering deur ooms, tannies, neefs, onderwysers, ... en Protestante dominees?  

    Nie een van die kerk of die Bybel is volmaak nie.  

    Inteendeel, die kerk is net 'n refleksie van die samelewing op hul knie in hul sonde voor ons almal se Skepper.

    Dus, van buite die van die Godsdiens beskou: algemene statistiek elders toon dat meeste gemolesteerde, self later in hul lewe - molesteerder word.  

    Met die grootste respek; sedert my tienerjare reeds het elkeen my homoseksuele vriende al met hartseer teenoor my getuig dat hulle as kinders deur die een of ander vertroueling gemolesteer is - en nie een van die boewe wat hulle aangedoen het, was Katoliek, of katoliek nie.

    Ek ken persoonlik NIEMAND wat hul homoseksualiteit as geneties aanvaar nie. Al my gay maatjies herlei hul homoseksualiteit na die feit dat hulle as KLEUTERS selfs gemolesteer is.

    Beteken dit dat my homoseksuele maatjies nou almal as pedofiele gebrandmerk kan word?

    Nee, gewis nie; sekerlik net so min as wat pedofilie, as die Katolieke se beleid en verkondiging gepropageer kan word (dis natuurlik anders as die Protestante, wat eers Apartheid as kerkbeleid met volle oorgawe in diens van die Regering van die kansel verkondig het en toe daarna, weereens in dien diens van die Regering van die dag en as kerkbeleid; verskoning daarvoor gepleit het).  

    Nie alle gemolesteerdes word homoseksueel nie. Die ander helfte sulke slagoffers wat ek ken, het prostitute en/of erg promisku (soos in nimfe) geraak.

    Pedofilie, in enige deel van die samelewing, is 'n euwel - en dit verdien gewis die doodstraf. Dis 'n selfsugtige boosheid wat lewens oor geslagte heen vernietig. Nie een pedofiel slagoffer wat ek ken, voer 'n "normale" sekslewe nie.

    George, dink jy nie ook dat die pedofiele elders in die samelewing vandag, bloot die katolieke onder 'n vergrootglas plaas net om so met groot sensasie die aandag van hul eie dekadente en promiskue gedrag te probeer lei nie?

    George, ek voer graag hierdie gesprek met jou enduit. Vra asseblief en klaar dit vir my waar ek van die punt afdwaal.

    Katolieke groete,  

    Cornelius Henn

  • Hello George, 

     
    Baie dankie vir die verwysing na die vorige brief. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • George

    Ons neef Neelsie skryf met groot "kennis" en "ondervinding" van sy vele maatjies die volgende snert:  " AL my gay maatjies herlei hul homoseksualiteit na die feit dat hulle as KLEUTERS selfs gemolesteer is." 

    Daardeur wil hy te kenne gee dat molestering die oorsaak is van homoseksualiteit, en " Die ander helfte sulke slagoffers wat ek ken, het prostitute en/of erg promisku (soos in nimfe) geraak". Hulle op hulle beurt word as gevolg van "algemene statistiek elders toon dat meeste gemolesteerde, self later in hul lewe - molesteerder word".  

    Sy implikasie is dus, dat daar deurgans versagtende omstandighede vir kindermolesterings in ag geneem moet word.  Ek ken meer gays as hy (indien hy nie gay is, wat ek betwyfel), en ek kan verseker die meerderheid was nooit as kinders gemolesteer nie, en het ook  nie op hulle beurt kindermolesteerders geword nie, myself inkluis.  Statistieke toon wel dat 'n klein persentasie kindermolesteerders self ook as kinders gemolesteer was, maar definitief nie in die meerderheid gevalle soos Neelsie dit wil voorgee nie.  Wat wel gebeur is dat in omtrent elke hofsaak, probeer die verdedigende prokureur te toon dat die molesteerder self gemolesteer was vir doeleindes van versagtende omstandighede alvorens vonnis opgelê word. EN in omtrent elke sodanige geval is die teendeel deur die staat bewys, en deur die magistraat verwerp vir die minagting wat dit verdien. 

    Hy wil ook voorgee dat indien jy gemolesteer was, is jy as molesteerder vir die toekoms verdoem.

    Ons tweegesig Neelsie preek liefde en samewerking tussen katolieke, Islam en Boeddisme, maar spoeg gedurig haat teenoor Protestantisme, veral ons Afrikaanse kerke soos in sy skrywe hierbo uiteengesit. 

    Kom reg ou Neelsie, en kry jou prioriteit reg met betrekking tot jou Afrikanerskap.  Sy skrywes toon 'n misplaaste persoon wat sukkel om te weet waar hy onder Afrikaners inpas.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Ongelukkig word ek weereens genoodsaak om my kommentaar elders, byna net so hier te herhaal.

    Die kruks van die saak soos Jaco Fourie, dit self en ruiterlik elders reeds erken het:  

     "Derdens:  Cornelius gee kort-kort onnodige en ongesubstansieerde steke na Afrikaanse Calvinisme.  Nouja.  Al is ek [Jaco Fourie] ‘n ateis, het ek ‘n kulturele (nie godsdienstige) aanvoeling met Afrikaanse Calvinisme, weens my voorgeslagtlike agtergrond waarop ek besonders trots is.  In Israel is daar meer ateiste onder die Jode als die ortodokse Jode, wat nieteenstaande, ‘n kulturele verbintenis met die res van Jodendom heet.  Ek wou Cornelius uitwys dat die kamma “sondes” van Afrikaanse Calvinisme geen sondes is in vergelyking met die van sy Katolieke Kerk wat hy so ophemel."    

    Ja, dis inderdaad hoe ek Jaco Fourie se "steke" onder allerlei hoofde met "Katoliek" daarin gespel, verstaan.    

    Jaco Fourie (nes Wouter Ferns), voer gewoon 'n persoonlike vendetta teen my deur allerlei onsin oor die katolieke en Katolieke, kwyt te raak. Daarom ignoreer ek meestal hul twak.    

    Vir diegene wat wel nog wonder daaroor; ek plaas gereeld my deelname saam my Protestante broers en susters, en menigmaal op die werf. Ek woon ook steeds gereeld en onder meer dienste in NG, Gereformeerde en Hervormde kerke by. Ek gebruik ook Nagmaal saam met my Protestante broers en susters. Ek is inderdaad gebore, gedoop, en aangeneem in die Gereformeerde Kerk.    

    My ENIGSTE kwessies met my Calvinistiese broers en susters is sommiges se ekstremistiese en fundamentele aanhang van Calvyn se "solas", hul vyandigheid jeens ander katolieke soos byvoorbeeld die Katolieke (Roomses), Kopte, Helleenses en Ortodokses - en dan sekerlik vir my maar die heel ergste; hul diens aan Apartheid en toe later weer hul verskoning daarvoor - alles op die geldmag se massamedia verhoog.  

    Die kindermolestering-skandaal in die Katolieke gemeenskap, word anders as die Protestante se Apartheid-skandaal deur die bepaalde gemeenskappe en in hul bepaalde Godsdiensverband, self hanteer. Dit word  nie deur middel van die geldmag se massa media besleg en ondersoek nie.

    Die Katolieke hanteer duidelik hul kwessies in Godsdiensverband, asook met respek tot die samelewing se regsordes.

    En dis natuurlik alles tot die erge frustrasie van promiskue soos Jaco Fourie en Wouter Ferns, wat die sensasie rondom die Katolieke probeer misbruik om hul eie selfsugtige dekadensie te verberg.  

    Ek ervaar ook my hart eweneens saam met andere soos Hindoes, Moslems en Jode, in diens tot ons almal se Skepper. Dis werklik moeilik om te begryp hoe die sikofante Jaco Fourie en Wouter Ferns, en veral na al my bydraes ook reeds hieroor, my as 'n Roomse probeer uitsonder.  

    Wel, ongelukkig verwag ek ook nie dat hul vervelige en eentonige disinformasie, gou tot 'n einde sal kom nie.

    Verdra asseblief daarom ook my geduldige herhaling van soveel kwessies hieroor...

    Ek het ook in my kommentaar hierbo dit duidelik gestel dat ek geen kundige in die onderwerp is nie, en het bloot gewaag om my effense en PERSOONLIKE ervaring daaromtrent te deel (veral na soveel aandrang deur George). Die gevolge daarvan spreek nou hopelik duidelik in Jaco Fourie se spoeg en kwyl hierbo.

    Namaste!

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Nog omtrent Jaco Fourie se kleinlike aanklagte en heksejag hierbo (soos gewoonlik geheel van die punt in George se bydrae af):  

    "In giving their life histories, many homosexuals mention that they were molested by male family members or strangers when they were young. Although this can be terrifying and repulsive to them initially, it can also lead to sexual arousal and to a habit of homosexual behavior. It often leads to their typing themselves as innately homosexual; males would not be attracted to them and molest them, they reason, if they were normal. Teenage sex play can have similar results. Regular indulgence in homosexual fantasy and masturbation often deepens the homosexual orientation."  

    Die volledige artikel en menige ander informasie omtrent homoseksualiteit, ken hier gelees word: http://www.catholicnewsagency.com/resources/life-and-family/homosexuality/the-homosexual-condition-can-it-be-changed-prevented/

    Die Katolieke se amptelike standpunt hieromtrent, kan in dieselfde artikel gelees word:  

    "How does a homosexual tendency originate? There are theories aplenty, each with its partisans. (The Catholic Church has no position on this matter. As Cardinal Ratzinger said in reference to the revised Catechism, "We have left room for all the hypotheses on the origin of homosexual tendency - whether it is innate or developed under certain circumstances.") Extensive reading of the literature leads me to believe that there are many causes, which often reinforce one another."  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    En dan, akka Wouter Ferns se "copy&paste" styl, die volgende omtrent Jaco Fourie se parsie hierbo:

    Pedophiles are invariably males: Almost all sex crimes against children are committed by men.

    Significant numbers of victims are males: Up to one-third of all sex crimes against children are committed against boys (as opposed to girls).

    The 10 percent fallacy: Studies indicate that, contrary to the inaccurate but widely accepted claims of sex researcher Alfred Kinsey, homosexuals comprise between 1 to 3 percent of the population.

    Homosexuals are overrepresented in child sex offenses: Individuals from the 1 to 3 percent of the population that is sexually attracted to the same sex are committing up to one-third of the sex crimes against children.

    Some homosexual activists defend the historic connection between homosexuality and pedophilia: Such activists consider the defense of "boy-lovers" to be a legitimate gay rights issue.

    Pedophile themes abound in homosexual literary culture: Gay fiction as well as serious academic treatises promote "intergenerational intimacy." MALE HOMOSEXUALS COMMIT A DISPROPORTIONATE NUMBER OF CHILD SEX ABUSE CASES Homosexual apologists admit that some homosexuals sexually molest children, but they deny that homosexuals are more likely to commit such offenses. After all, they argue, the majority of child molestation cases are heterosexual in nature.

    While this is correct in terms of absolute numbers, this argument ignores the fact that homosexuals comprise only a very small percentage of the population. The evidence indicates that homosexual men molest boys at rates grossly disproportionate to the rates at which heterosexual men molest girls.

    To demonstrate this it is necessary to connect several statistics related to the problem of child sex abuse: 1) men are almost always the perpetrator; 2) up to one-third or more of child sex abuse cases are committed against boys; 3) less than three percent of the population are homosexuals.

    Thus, a tiny percentage of the population (homosexual men), commit one-third or more of the cases of child sexual molestation.

    Dit kan verder hier gelees word: http://www.frc.org/?i=IS02E3  

    Nou wonder ek; wat gaan die rede wees dat hierdie bron, as onvoldoende beskryf word?  

    Ek wil dit tog ook net duidelik stel, dat ek myself ook reeds menigmaal teen homofobie uitgepreek het, en steeds sal.

    Bogenoemde dien bloot as 'n bewys oor hoeveel uiteenlopende inligting en menings oor die onderwerp bestaan - of soos Wouter Ferns dit sou stel; hoe "kompleks" dit is om 'n standpunt te waag...  

    Cornelius Henn

  • Hello Jaco, 

     
    Baie dankie vir jou insette want ek het dit ook gelees en het maar net my kop geskud, want hier sit ek en weet dat ek nie molesteer was nie en in kinderkrans, nou graad vyf, so verlief was op 'n jong lat en kon nie wag dat die kombi ons kom optel en ek hom dan sou sien, dieselfde ouderdom ...
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Die stelling: Dis werklik moeilik om te begryp hoe die sikofante Jaco Fourie en Wouter Ferns, en veral na al my bydraes ook reeds hieroor, my as 'n Roomse probeer uitsonder.  
     
    Terwyl ek voorheen geskryf het: 
     
    Daar word afgesluit met die volgende en is 'n verwysing na Cornelius Henn in 'n brief komende van my 'n waarborg dat 'n tirade sonder end gaan volg. Maar Cornelius Henn is nie 'n Katoliek nie, maar wel 'n katoliek, wat dit is sal net Cornelius Henn weet en is dit 'n beweging van een en is daar nie 'n instansie wat die katolieke genoem kan word nie. Maar vir 'n gesprek daaroor is daar net te min tyd en bestaan. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Neelsie

    Beide jou bronne toon suiwer subjektiewe en spekulatiewe agendas als feite voorstellings.

    Jou eerste bron, die Katolieke Kerk wat se denke beïnvoed word deur sy godsdienstige dogmas rakende homoseksualiteit, aborsie en voorbehoedmiddels.  Hoe kan hulle enigsins 'n objektiewe studie verslag gee van genoemde onderwerpe wanneer dit teen hulle gewetens-moraliteit indruis?

    Dieselfde geld vir jou tweede bron, nl The Family Research Council wat se verklaarde missie: "Christian organization promoting the traditional family unit and the Judeo- Christian value system upon which it is built" is.  Jy moet hulle studies rakende pornagrafie lees om agter te kom hoe onprofesioneel hulle navorsing rakende die onderwerp is, om te besef dis net 'n klomp "god ordained biggots" wat 'n klomp snert skrywe om 'n eensydige siening te verskans.

    En Neelsie. JY weet dis 'n klomp snert, en ons twee weet hoekom ek vir jou sê jy weet.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco,  

    Jou reaksie is uiters voorspelbaar.  

    Ek kan ENIGE bron of kundige wat jy as teendeel hier wil aanvoer, oor dieselfde kam skeer en ook teenoor jou aanvoer dat; "... jou bronne toon suiwer subjektiewe en spekulatiewe agendas als feite voorstellings".  

    Die punt is dat ek nie teenoor jou uitvaar nie, maar dat jy in jou "agter die deur, ander ook daar soek" mentaliteit, my gedurig verdag probeer maak; ja, en daarmee saam als waarin ek glo probeer beledig ondanks die feit dat jy in jou blinde woede, ander onskuldiges ook daarmee tref!  

    Ek doen hierdie moeite om op jou snert te reageer. Jy is duidelik nog baie nat agter die ore en het nog baie om te leer; soos byvoorbeeld om minstens by die punt te probeer bly en jou eie spekulasie omtrent ander en veronderstellings, liefs te laat.  

    Maar Jaco, genoeg is genoeg en ek dink jy moet jou woede en verval elders gaan probeer - dit raak nou erg vervelig.  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Hel Wouter, en dit wyl ek ook reeds voorheen 'n volledige bydrae onder hoofde "Oor 'n enige katolieke kerk" geplaas het - kompleet met 'n foto van my Psalmboek waar die verklaring vir katoliek (met 'n kleinletter) gelees kan word.  

    Lees dit gerus weer hier:  https://www.litnet.co.za/Article/oor-n-enige-katolieke-kerk

    Ja, ek glo en bely 'n enige katolieke of algemene Kerk wat 'n heilige vergadering is van almal wat waarlik in Christus glo, wat hulle hele saligheid  in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees ...    

    Maar, ek herhaal ook die verklaring uit my woordeboek vir die soveelste maal:  

    Katoliek1, (s), =e. Iem. wat die Rooms-Katolieke geloof aanhang.

    Katoliek2, (b), =e. Die Rooms-Katolieke geloof toegedaan; volgens die Rooms-Katolisisme.

    katoliek3, (b), =e. Algemeen, allesomvattend; oor die hele wêreld versprei.  

    (let asseblief die klienletter "k" waarmee "katoliek3" in die woordeboek gespel word).

    En so sal ons seker herhaal en herhaal, tot en met die Wederkoms toe.  

    Derhalwe, WOUTER FERNS SE PARSIE IS WEEREENS LIGJARE VAN DIE ONDERWERP IN HIERDIE BYDRAE WEG!  

    Ek dink dis onbillik dat sulke moedswilligheid en mislikheid  soos dié van 'n Wouter Ferns, die werf bederf.  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Beste George,  

    Ek hoop dis nou duidelik genoeg hoe die werf se residensiële snotkop Jaco Fourie en sy kruiper, die arme bleeksiel Wouter Ferns (soos hy graag na homself verwys), jou bydrae gekaap het.  

    Ek neem jou nie kwalik as jy die swye wil hou nie.  

    Maar, verras ons almal as jy wil en bring jyself weer die gesprek tot orde.  

    Moet asseblief net nie van my verwag om Jaco Fourie en/of Wouter Ferns, ernstig op te neem nie. Hul kleinlike agenda om my persoonlik te probeer neerhaal sonder enige respek vir die onderwerp ter sake, moet tog deur 'n blinde aangevoel te word.  

    Katolieke groete,  

    Cornelius Henn

  • Wouter

    Gelukkig was jou vriendjie nie 'n jaar jonger as jy gewees nie, anders het Neelsie, bo al sy ander beskuldigings teenoor jou, jou dan ook als pedofiel afgekryt.

    Sterkte

    Jaco Fourie

  • Jy sê: "Maar Jaco, genoeg is genoeg .......... dit raak nou erg vervelig"

    Maar Neelsie.  Ek self is nog ver van verveeld en totdat ek verveeld raak, gaan ek dit nog geniet om jou soos 'n vis aan 'n lyn te speel.

    Sterkte maat. Jaco

  • Sjoe, wat ‘n kattegeveg. Het nog skaars my bydrae ingestuur toe is daar tien reaksies en afgesien van Trienie is almal aan die byt. Dit lyk darem of ek gaan oorleef en die belangrikste is dat die boodskap weer onder die aandag gekom het. Vir Cornelius was my boodskap ondubbelsinnig - afgesien van die goeie in jou kerk, daar was net te veel verspreide voorvalle, waar kerkhoofde ook probeer het “om skade te beperk” - hulleself of “hulle saak” bo kindertjies gestel het. Jy het geen ander opsie as om jou hiervan te distansieer nie. Ek wil die saak ook nog uit ‘n ander hoek beskryf, net om bo twyfel te wys dat dat dit ‘n meer algemene probleem as bloot Katoliek is. George

  • CorneliusHenn

    George,  

    Jy tik: Vir Cornelius was my boodskap ondubbelsinnig - afgesien van die goeie in jou kerk, daar was net te veel verspreide voorvalle, waar kerkhoofde ook probeer het “om skade te beperk” - hulleself of “hulle saak” bo kindertjies gestel het. Jy [Cornelius] het geen ander opsie as om jou hiervan te distansieer nie.  

    George, veronderstel jy dat alle Katolieke skuldig is en meedoen aan kindermolestering, net omdat daar sulke boosheid deur hul amptenary gepleeg word?  

    Ek herinner my nie 'n enkele keer waar ek pedofilie in enige opsig hoegenaamd probeer goed praat het nie.

    My kommentaar hierbo behoort tog duidelik omtrent my weersin aan pedofilie te wees.  

    George, hoekom ignoreer jy my eerste kommentaar hier aan jou - of ag jy dit ook as deel van die "katgeveg"?  

    En George, wat op aarde bedoel jy in ierdergeval met "hiervan te distansieer"?

    Moet ek nou weens die boosheid deur 'n paar Katolieke amptenare, die katolieke gemeenskap verwerp? Is ek beter as ander sondaars voor God?  

    Pedofilie, word wel ook algemeen aan homoseksualiteit verbind (daarom miskien ook die hewige reaksie van die werf se gays - Jaco Fourie en Wouter Ferns).

    Beteken dit dan dat Jaco Fourie en Wouter Ferns vanselfsprekend skuldig is daaraan, of dat hulle nou "striaght" moet word as teken dat hulle hulself daarvan distansieer?  

    George, na dese is ek die mening gedaan dat jy eintlik nog nooit die moete gedoen het om ooit enige van my bydraes of my kommentaar behoorlik te lees nie, maar dat jy gewoon 'n vonkie soek om daarmee die sensasie rondom die Katolieke aan te blaas en dan nes Jaco Fourie en sy kruiper Wouter Ferns, jou eie skuld en sonde in die lewe daardeur te probeer verberg.  

    Tensy jy, George, van jou ou troontjie so verhewe bokant die "katgeveg" afklim, en minstens melding maak van al die inligting wat ek in my kommentare hier gedeel het.  

    Ek distansieer my verseker van die ganse MENSDOM as ek kon, maar ek sal nooit saam met Satan en sy agente enige Godsdiens hoegenaamd met my "distansiëring" so veroordeel nie; dit, ten spyte van al die opregte harte daarin in hul nederige afhanklikheid van onse Skepper se liefde en genade - gewis jeens al die sonde oral om ons.

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.  

    Cornelius Henn (net nog 'n sondaar in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top