Vyf mites: Roomse Katolieke Kerk en seksuele wandade

  • 4

Hello 

Jaco, sluit sy brief soos volg af en word die einde afgekort soos volg deur myself: 

Die VSA; Ierland; België; Duitsland; Italië en Nederland is daar koerantberigte van Katolieke afgryse teenoor kinders in hulle sorg. Wat sê ons SêNet-lesers?

Die rede daarvoor is om by die bekende artikel uit die Washington Post te kom soos gepubliseer in 2010 te kom. Die artikel was getiteld “Five myths about the Catholic sexual abuse scandal”, en kan hier gevind word. 

Die vyf mites is soos volg: 

1. Pous Benedict XVI , Emeritus, is primêr verantwoordelik vir die toesmeer van hierdie skandaal.

Tussen 1981 en 2005 was Kardinaal Joseph Ratzinger hoof van 'Congregation for the Doctrine of the Faith' en het 'n aantal gevalle sy tafel bereik en kom dit voor asof Kardinaal Ratzinger nie werk daarvan gemaak het om hierdie priesters te onthef van hulle ampte en was hierdie optrede van Kardinaal Ratzinger gesien as 'n poging om hierdie gevalle geheim te hou aangesien Kardinaal Ratzinger oorlede Pous Johannes Paulus II oortuig dat Kardinaal Ratzinger se kantoor hierdie gevalle sou bestuur maar is daar net een geval tot op datum wat direk teruggevoer word na Kardinaal Ratzinger se termyn as biskop in München en sy besluite geneem wat toegelaat het dat 'n priester verplaas is na 'n gebied na terapie ondergaan was waar die priester kon voortgaan om seksuele misdrywe te pleeg. 

As Pous het Benedict XVI egter meer aggressief opgetree teen seksuele wandade as wat Johannes Paulus II gedoen het en is veel meer priesters onder sy bestuur van hulle ampte onhef as voorheen maar is dit oop vir debat of dit genoeg was en nie geval van te min te laat. 

2. Gay priesters is te blameer is vir die seksuele wandade.

Die paradoks is dat die wat die Rooms-Katolieke Kerk verdedig aanvoer dat dit homoseksuele priesters is wat verantwoordelik is vir die meerderheid van die seksuele misbruike aangesien meer as 80 persent van die slagoffers manlik is terwyl die ware pedofiele - volwassenes wat patologies aangetrokke is tot kinders is 'n baie klein minderheid van die oortreders opmaak. 

Hierdie bewerings kan egter nie staan nie aangesien navorsing toon dat gay mans is nie meer geneig om kinders te molesteer as wat heteroseksuele mans sou wees net soos selibaatheid blyk om ook nie 'n bepalende faktor te wees nie.
Nog 'n paradoks is dat die oënskynlike toename in gay priesters in die afgelope jare het saamgeval met 'n skerp afname in die rapportering van seksuele misbruik in die Roomse Kerk. 

3. Seksuele mishandeling is meer algemeen in die Rooms-Katolieke Kerk as in ander instellings.

Seksuele mishandeling van minderjariges is nie net die las van die Rooms-Katolieke Kerk alleen nie en word dit bevestig in die volgende terme deur Ernie Allen van die National Center for Missing and Exploited Children aan Newsweek gesê het: 

"We don't see the Catholic Church as a hotbed of this or a place that has a bigger problem than anyone else. I can tell you without hesitation that we have seen cases in many religious settings, from traveling evangelists to mainstream ministers to rabbis and others."

Die waarheid is natuurlik dat Kerke teen 'n ander standaard gemeet word. 

4. Die Media is bevooroordeeld teen die Rooms-Katolieke Kerk.

5. Die krisis sal Amerikaanse Katolieke noop om die Roomse Kerk te verlaat.

Bogenoemde dui 'n aspek aan en is die ander sy soos volg en word net die volgende opskrifte wat onlangs in die New York Times publiseer is geplaas wat elk in eie reg verder bespreek kan word: 

Cardinal Dolan and the Sexual Abuse Scandal
By THE EDITORIAL BOARD
4 July 2013

Newly released court documents make it shockingly clear that Cardinal Timothy Dolan shielded millions of dollars from victims.

Audit Finds Sexual Abuse Was Topic Decades Ago
By LAURIE GOODSTEIN

19 June 2013

An auditors’ report found that sexual abuse by friars in the St. Joseph Province of the Capuchin Order was discussed at meetings as far back as 1932.

The Vatican: Pope Seeks Decisive Action to Resolve Church’s Sexual Abuse Cases
By THE ASSOCIATED PRESS

6 April 2013, 

Pope Francis directed the Vatican to act decisively on sexual abuse cases and to punish pedophile priests, saying the Roman Catholic Church’s credibility was on the line.

Los Angeles Archdiocese to Pay $10 Million in Abuse Case
By JENNIFER MEDINA

14 March 14 2013

The case is the first settlement since the release of internal church documents that showed Cardinal Mahony and his top aides assisted priests accused of abuse and helped protect them from law enforcement.

En so gaan dit vir tientalle indien nie in die honderde nuusberigte in die argiewe van die New York Times

Daar word afgesluit met die volgende en is 'n verwysing na Cornelius Henn in 'n brief komende van my 'n waarborg dat 'n tirade sonder end gaan volg. 

Maar Cornelius Henn is nie 'n Katoliek nie, maar wel 'n katoliek, wat dit is sal net Cornelius Henn weet en is dit 'n beweging van een en is daar nie 'n instansie wat die katolieke genoem kan word nie. 

Maar vir 'n gesprek daaroor is daar net te min tyd en bestaan. 

Baie dankie

Wouter

  • 4

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Die hele kwessie van kindermolestering wat volgens die Vatikaanse eie argiewe aangaan sedert circa 350 n C is 'n besondere skandvlek op hierdie institusie, en dit is 'n lang storie van ontken, toesmeer en ignoreer.

    Die morele afsku wat mens voel word verdubbel deurdat hierdie misdade deur priesters gepleeg word wat binne die Katolieke gemeenskap 'n hoë mate van aansien en vertroue geniet. Nou die dag was daar op TV 'n program oor hierdie onderwerp en een Katolieke geleerde het gesê dat wanneer 'n persoon 'n priester word ondergaan hulle 'n "metamorfose" wat hulle verhef bo die gewone mensdom, en hulle plaas net onder die engele! Dat sulke persone wat vir seuns vertel en  uit die Bybel lees van Sodom en Gemorrah, en die straf wat god op hierdie stede gebring het weens sodomie, hierdie seuns kan sodomeer, gaan my verstand te bowe. Wanneer hierdie seuns gekla het oor die saak het hulle stories op dooie neute geval want dit is nie moontlik dat priesters so kan optree nie. En die hoër hierargie binne die Kerk het dit afgeskryf as "malicious gossip".

    Volgens een van "die prinse van die Kerk" ('n kardinaal): "Boys heal and get over it." Maar daar is van hulle wat nooit daaroor kom nie en hulle lewes is permanent vernietig, en die molesteerders kon rustig aangaan met hulle molestering.

    Die bottom line van hierdie storie is die reputasie van die Kerk. Dit is volgens Kerk moraliteit belangriker om mense te flous met hulle skandlose uiterlike voorkoms  as om geregtigheid te kry vir die ongeregtigdes.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys 

  • Hello Pieter, 

     
    Daar is mos 'n gesegde. die toesmeer is erger as die misdaad self en indien die rapportering oor hierdie onderwerp korrek is, en ek volg die New York Times daarin, dan is dit korrek en is die 'n klad op die instelling se naam wat nie maklik verwyder gaan word. 
     
    Hoe Pous Francis dit die hoof gaan bied en dit met wortel en tak kan uitroei is 'n ope vraag. 
     
    'n Wyle terug het ek 'n brief geplaas wat 'n onderhoud gevoer het met 'n non wat die dryfveer is agter 'n beweging in die kerk op 'n veilige hawe vir rapportering te bied. 
     
    Dit is 'n begin en moet dit amptelik word en dalk buite die kerk bestuur word sodat dit nie in die kiem gesmoor kan word nie. 
     
    In die non se verhaal het sy vertel van die sielkundige letsels wat nou nog gedra word deur die wat gemolesteer is, terwyl die priester in Florida afgetree is en die sonskyn elke dag geniet. 
     
    Baie moeilik. 
     
    Die Amerikaanse weermag lyk my het ook hierdie probleem, seksuele wandade deur die wat die mag in die struktuur het en hier is die voorstel dat dit ook buite die weermag bestuur moet word. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Hello, 

     
    In Vrydag se Times of London
     
    Pope Francis tightens laws on child sex abuse
    By Philip Willan- Rome

    Published at 12:01 AM, July 12 2013

    Pope Francis is to make the sexual abuse of children a specific crime under Vatican law after decades of child-abuse scandals in the Catholic Church.Sexual acts with children, child prostitution and images of sexual abuse will be mentioned by name in the Vatican criminal code, which is undergoing a major overhaul for the first time since 1929. Such offences previously came under the umbrella of crimes against morality. The maximum jail term will go up from 10 to 12 years.

    The Vatican receives about 600 complaints against abusive priests every year, some dating back as much as half a century. 

    The new laws come into effect on 1 September 2013. 
  • CorneliusHenn

    Wouter, die sogenaamde "toesmeer", is gewoon jou patetieke bleeksiel mening - wat verwag jy; dalk 'n skuldigbevinding en sensasionele belydenis akka die Protestante se Apartheids kerkbeleid, in die geldmag se media waarin jy so erg gebreinspoel is? Derhalwe, ek kon seker ook uitwei omtrent jou belaglike begrip aan die woord "mite", maar die feit dat jy in een asem die Katolieke aan "toesmeer" probeer skuldig verklaar, en weer jy in die ander asem "copy&paste" (spoeg en plak) hoe daar deur dieselfde Katolieke, aksie teen die gruwel geneem word, is veels te komies rakende jou onsinnige manier om 'n punt te probeer maak - ek laat dus jou algehele en paradoksale komedie liefs net daar. Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top