Miniseminaar oor strukturele rassisme

  • 2

Hoekom is daar in 2023 nog steeds rassistiese voorvalle in Suid-Afrika? Hoekom is daar steeds mense van een kleur wat hulself as verhewe ag bo mense van ’n ander kleur? Wanneer gaan konflik oor kleurgrense heen ophou, maar meer belangrik, hoekom is daar nog steeds konflik, amper ’n kwarteeu nadat demokrasie aangebreek het? Waar word die lyne getrek, en hoe kan ons blywende verandering bewerkstellig?

Hierdie is van die dringende vrae wat die onderbou is van die LitNet-miniseminaar oor strukturele rassisme. Die vonk was ’n voorval tydens ’n boekefees in September 2023. Dit sou maklik wees om dit af te maak as een voorval waarby  enkele individue betrokke was, maar dit is juis nie geïsoleerd nie. Dis nie beperk tot boekefeeste nie. Rassisme  is nog steeds so Suid-Afrikaans soos braaivleis en boerewors, want daar is sisteme en strukture wat dit in stand hou.

Of is hierdie aanname juis verkeerd?

Ons het vyf van ons voorste denkers,  akademici en openbare intellektuele gevra om hierdie en ander vrae te beantwoord. Oor die volgende vyf weke deel ons hulle bydraes, wat veel wyer as boeke en feeste strek. Die stukke werp  ’n kritiese blik op verskeie ander aspekte van ons samelewing. Die deel van perspektiewe en insigte wat dalk anders as ons s’n is en wat ons uitdaag om ons vooropgestelde idees eenkant toe te skuif, is die beginpunt van ’n gesprek wat ons hoop tot diepgaande verandering sal lei.

Ons nooi u uit om deel te neem aan die gesprek.

Lees al die byraes hier:

LitNet se miniseminaar oor strukturele rassisme

  • 2

Kommentaar

  • Ag Betty, wat is dit nou al weer?

    Gisteraand kyk ek ʼn dokumentêr op Netflix oor ene Knox (Amerikaans) en haar kêrel (Italiaans) wat kwansuis tydens ʼn jagse episode ʼn vrou (Brits) in Italië sou vermoor het. Ek dink jy sal dit baie interessant vind:(https://www.netflix.com/us/title/80081155?s=a&trkid=13747225&trg=cp&vlang=en&clip=80141669)

    Jinne, die skuldige was toe al die tyd ʼn swart jong booswig uit Côte d'Ivoire; maar wat my opgeval het is hoe die Amerikaners deurgaans snedig gestaan het jeens die jurisprudensie doer in Europa ‒ die ironie! ʼn Italianer, ek vermoed hy is ʼn prokureur (soms raak ek aan die slaap) wat nie op sy bek geval is nie, reken toe hulle dorpie se hof staan al sedert die 1300’s terwyl die Amerikaners nog buffels in grotte gesit en teken het.

    Omdat ek nie as ʼn wit Afrikaner of mens identifiseer nie, wil ons/ek verkieslik nie te betrokke raak by diesulkes wat letterlik, struktureel, sistemies en geïnstitusionaliseerd met die verbeelde, maar tydelike, en fisieke omgaan nie. Soos Nataniël tereg sê is hierdie bloot ʼn ‘planeet’ wat, veral ʼn skrywer, liefs van ʼn afstand moet dophou. (Wel goed, ek lei af dit is wat hy sê.) Toegegee, ek weet dis moeilik want iewers in die agterkop broei die tevergeefse, maar helaas hopelose gedagte dat dié plek dalk beter gemaak kan word (this could be heaven for everyone ... o nee), want plak jy hier ʼn pleister, dan sweer ʼn ou gele bloot elders uit. Nee wat, fok die aardling en sy gejaag na geld en mag in al sy gloria. En SARS.

    (O ja, ek het ook vir jou ʼn liedjie.)

    Maar eers gaan ek die geheim van die lewe met jou deel. (Jy gaan teleurgesteld wees omdat dit maar soos KI en met wolke werk.) Goed, daar dryf jy nou liggies aan die ‘anderkant’ en jy verstel allerlei knoppe om jouself aan ‘hierdie kant’ (dis eintlik als soos in ʼn dagdroom) te kom beproef, bloudruk vir die pad en die lot. Dan maak jy ʼn gedeelte van jou energie digter (liggaam) en jou ligter kant (gees) neem die leisels oor om te kyk hoe hard jy jouself kan uitmergel (for the hell of it). Die interne konflik en kompromieë is dus deurgaans met die self en die wit mense wat jou so afpis daarom jou eie maaksels om jou siel uit te trek (for the hell of it). Dalk is daar selfs ʼn tipe groei betrokke want wat anders? Ek was al verkeerd.

    https://music.youtube.com/watch?v=A9dJWO25VB4&si=j4epHStcOY-nyZXf

  • Monica Hammes

    Dis baie jammer dat hierdie mini-seminaar met sy betekenisvolle bydraes so min aandag gekry het. Met die een en ander moes ek dit laas jaar gemis het en het toevallig daarop afgekom op soek na iets oor Ingrid Jones.

    Dis baie waar dat die belangrikste ding wat witmense kan doen, is om te luister en weer te luister. En daarvoor het mens goeie gespreksgenote nodig wat nie huiwer om die waarheid uit te spel nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top