Mens of monster: Breakfast behind bars

  • 0

Is alle misdadigers monsters? Of wat het veroorsaak dat hulle in die tronk beland het?

 

LAPA het pas die boek Mens of monster, die psige van ’n misdadiger gepubliseer. Lesers kry ’n geleentheid soos min: om te sien wat regtig elke dag agter die tralies gebeur. Daar vind op Vrydag 16 November ’n unieke boekbekendstelling plaas soos wat min nog beleef het – in die Lospergevangenis in Brits.

Wil jy ’n tronkontbyt erváár? En is dit ooit veilig?

Naomi Meyer het gou vir Samantha Buitendach van LAPA gevra wat lesers kan verwag.

Wat gebeur tydens die Breakfast Behind Bars-geleentheid?

Gaste gaan ’n egte tronkontbyt kan geniet, ’n begeleide toer deur die tronk kry, asook die geleentheid kry om na die skrywer van Mens of monster te luister - sy sal meer inligting kan verskaf oor hoekom sy die boek geskryf het, asook interessante stories met ons deel oor die skryfervaring. Nog ’n interessante item op die program is dat die gevangenes vir ons gaan sing en dans. Dit beloof om ’n onvergeetlike dag te wees. Wie kry ooit so geleentheid?

Die onafwendbare vraag is: Sal mense wat die geleentheid bywoon, veilig kan kom eet?

Ons werk saam met ’n ongelooflike dame, Sarie Peens, wat alles moontlik maak. Sy werk vir DKD en verseker dat alles veilig en volgens plan sal verloop. Daar is streng veiligheidsmaatreëls en alle gaste moet teen môre bevestig en hulle ID-dokumente Vrydag saambring.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top