Markens Grøde deur Hanneke Benade

  • 0

Innibosfees se 2014-feeskunstenaar was die talentvolle portretkunstenaar, Hanneke Benade. Pieter van Heerden, kurator van die uitstalling, skryf soos volg: "Hanneke Benade is wyd bekend vir haar sensitiewe pastelportrette. Die titel van haar solo-uitstalling by Innibos was Markens Grøde, losweg geïnspireer deur 'n boek met dieselfde naam deur die Noorweegse skrywer Knut Hamsun. Die visuele temas sentreer rondom pioniers wat, met onafhanklike denke en sensitiwiteit teenoor die omgewing, uit die aarde 'n bestaan maak."

Met toestemming van die kunstenaar, die Association of Arts, Pretoria en die Innibosfees, deel Louise Pieterse haar foto's van die uitstalling met LitNet.

Hanneke Benade het ook twintig kunswerke van haar eie aangestuur en dit verskyn hieronder:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top