Marita van der Vyver se woord van die jaar 2015

  • 2

Marita van der Vyver se Afrikaanse woord van die jaar is "sekulêr". Sy verduidelik haar keuse: 

My woord van die jaar is “sekulêr”. Ongetwyfeld. Nog nooit voorheen het ek dit so gereeld gebruik nie. Van die Charlie Hebdo-slagting in Januarie tot die nood van Siriese vlugtelinge wat Europa binnestroom tot die onlangse terreuraanvalle in Parys – ek en baie ander mense moes “sekulêr” soos 'n vlag begin rondswaai om demokrasie te verdedig.

Wat is jou #litnetwoord2015? Neem hier aan die kompetisie deel en lees hier nog inskrywings deur: 

Lees ook:
Marita van der Vyver: Soms is woorde nie genoeg nie
Bettina Wyngaard: Parys-aanvalle, Daesh en die compassion gap in rapportering

LitNet is ook op Facebook en Twitter

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Francois Lötter

    My woord is: meme (meervoud memes) - 'n enkele woordprentjie saamgestel uit 'n kombinasies van foto's, sêgoed, konsepte of aktiwiteite wat mense se gemoedstoestand prettig saamvat en vinnig oor die internet versprei. Die Afrikaanssprekendes weet nog altyd hoe om met mekaar en hulself te spot in goeie en slegte tye. Nou doen hulle dit ook met memes op die internet met prentjies en woorde. Die Springbokke se skoknederlaag teen Japan in die Wêreldbeker-toernooi was die hoogtepunt van vanjaar se Afrikaanse memes. En natuurlik Zuma en godsdiens en braai en pret en hartseer en alles wat met ons in Suid-Afrika gebeur. 'n Woord oorgeneem uit Engels, maar uniek soos 2015 toe hy op 1 Januarie 2015 aangebreek het.

  • Avatar
    Alta van der Walt

    Afrikane is beslis my woord ... Afrikane is mense van Afrika en is die omvattende term vir die bewoners van ons vasteland ... Suid na Noord en Wes na Oos. Ons erfenis is die donkerte, die lig, die ellende en die welvaart, die vooruitgang en die primitiwiteit, die kulture en die subkulture, 'n veelbewoë mengelmoes onder God se son. Sal ons mekaar vir ewig sien as "ons" en "hulle"? Het die skeidslyn tussen al hierdie teenoorstaande pole al veel verander in die afgelope dekades? Het die werk van die Verenigde nasies, die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Menseregtekommissie en sovele ander organisasies wat hulself beywer vir Afrikane vrug afgewerp om ons te verenig as 'n groep? Dis 'n wonderwoord, 'n woord tot nadenke en 'n wonderwerkwoord ... Van die verlede tot die hede. Hoe sien ons werklik 'n Afrikaan nou hier in 2015?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top