Marita van der Vyver se ses bestes

  • 0

Hierdie week kies Marita van der Vyver haar gunsteling-kuierplekke op die wêreldwye Web.

1. Flavorwire

Interessante en amusante kulturele nuus, soos byvoorbeeld die 30 bitsigste aanmerkings wat beroemde skrywers oor ander beroemde skrywers gemaak het – eina!.

2. Advanced Style

'n Jong man dwaal daagliks deur die strate van New York en neem foto's van stylvolle “bejaardes” tussen 70 en 100 jaar oud. Medisyne vir enigiemand wat bang is vir die ouderdom.

3. French Word-a-Day

My Amerikaanse buurvrou op die Franse platteland hou al meer as 'n dekade lank 'n blog met derduisende volgelinge vir nie-Franse wat die taal beter wil praat of sommer net meer oor die lewenswyse wil leer.

4. David Byrne

Die voorsanger van die seer gemiste Talking Heads skryf oor die stede wat hy gedurende sy musiektoere wêreldwyd besoek, argitektuur en kuns, mense en dinge wat hom boei. Klik op “Journal” of “Tour Journal”.

5. Zapiro

Hopelik ken die meeste LitNetters reeds dié ene, maar vir my, wat ver van die geliefde land woon, is dit die lekkerste manier om by te hou met politieke ontwikkelinge.

6. Reading Space

Laaste enetjie vir die pad is tuisgemaak: my maandelikse skryfsels oor ander mense se boeke wat my opgewonde maak.

Marita van der Vyver is ’n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme, met ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte agter haar naam. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen. Marita woon in ’n ou kliphuis in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain, en hulle vier kinders.

•  Ons gee een van Marita se boeke weg!  Klik hier vir inligting oor ons sprokie-kompetisie. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top