![]() |
|
|
Marikana is nie meer in die oë van die wêreld net 'n rustige myngemeenskap nie. Ontevrede mynwerkers het oproerig betoog en daar het reeds etlike polisiemanne en mynwerkers hier gesterf. Moordklagte is teen mynwerkers gelê en voorlopig teruggetrek. Salarisverhogings is toegestaan. Maar is die stof besig om te gaan lê? Wat is die impak van Marikana op die land se toekoms? Is die moordklag wat teen medemynwerkers gelê is toe die polisie op hul losgebrand het, nie buitensporig en verregaande nie? Kenners gee hul mening.
|
|
![]() |
"Gaan die gemeenskaplike-oogmerk-moordklag en die U-draai (nadat dit uit verskeie oorde veroordeel is) in die toekoms beskou word as rigtinggewend vir Suid-Afrika of nie?" Rianne van Vuuren bied ’n toekomsstudie-perspektief. |
![]() |
"Snyman (Strafreg, 2006:263-4) hou voor dat 'die kern van hierdie leerstuk is dat indien twee of meer mense ’n gemeenskaplike oogmerk het om ’n misdaad te pleeg en gesamentlik optree ter uitvoering van hierdie oogmerk, die handeling van elkeen van hulle ter uitvoering van die gemeenskaplike oogmerk die ander toegereken word'." DS de Villiers skryf uit ’n strafregperspektief oor wanneer een mens verantwoordelik gehou kan word vir die dade van ’n ander. |
![]() |
"By Marikana is ’n presedent geskep waar werkers sonder die hulp van die dominante vakbond en hul erkenningsooreenkoms, buite die raamwerk van die WAV, deur middel van ’n impulsiewe, onbeskermde en gewelddadige staking gunstige loonverhogings beding het." Wat sê die arbeidsreg? |





