Dit kom voor dat slawerny nog nie verby is nie; in een of ander manier is daar nog steeds slawe. Jy kan nie sê slawerny is verby, maar jy sit nog met die grond wat jou voorvaders afgevat het van my voorvaders en nou moet ek vir jou werk op my eie grond nie. Jy betaal my 'n loon sodat ek elke keer moet terugkom om vir jou te werk. Hoekom my nie leer om te plant en vir my ook 'n stukkie grond te gee om 'n lewe te bou vir my nie. In die eerste plek is geld van g'n waarde nie - dis die grond, want sonder grond het jy nie 'n identiteit nie. Want dis wat hulle kom doen het wat hulle hier kom onteien het van ons grond.
Kommentaar