Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 961

04/08/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Slawerny

Pasverskyn

Deelfontein

Skrywer: Nicole Jaekel Strauss
Uitgewer: Quiellerie
ISBN: 9780795802645

In 1900 reis die Britse dokter Oliver Glenville na Deelfontein in die Karoo om by ’n Britse veldhospitaal vir offisiere aan te sluit. Daar beland beseerde Britse soldate én Boerekrygers op sy operasietafel. Klara Grootboom, ’n skoonmaker, rig ’n versoek aan hom wat teen sy beginsels indruis, maar dis asof sy hom in ’n vangnet van haar eie het. Meer as honderd jaar later skep ’n opkomende Kaapse kunstenaar ’n uitstalling uit Deelfontein se gegewens en ontdek ’n onverwagse familieband.

Akademies en skole

Lewensomstandighede van slawe in die Boland (Wes-Kaap), 1816 tot 1834: ’n herevaluering van bestaande beskouings aan die hand van die Boland-slawedatabasis

Hans Friedrich Heese
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Volgens die Afrikanerdenkbeelde was die slawe-eienaars aan die Kaap meer besorg oor die wel en wee van hulle slawe omdat dit tot die eienaar se voordeel sou wees as sy slawe nie weens mishandeling sou dros of sterf nie."

Die geskiedenis, natuur en algemene openbaring in die Christelik-historiese denke van Groen van Prinsterer

J.A. Schlebusch
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Groen van Prinsterer (1801–1876) se Christelik-historiese beskouing is gekenmerk deur ’n tweeledige waardering vir die Godsopenbaring soos dit neerslag vind in die Skrif aan die een kant en in die geskiedenis aan die ander kant."

Vonnisbespreking: Mediese nalatigheid – vertraging in oorplasing van pasiënt na geskikte sorg; en of nalatigheid oorsaaklik verband hou met amputasie van pasiënt se been

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne
LitNet Akademies (Regte)

"Die ligging of konteks waar dokter Patel se skade ontstaan het, naamlik Standerton, is ’n plattelandse dorp gekenmerk deur bepaalde tekortkominge wat gesondheidsorg betref, wat ’n direkte invloed gehad het op die reeks gebeure wat gevolg het."

SteedsDink met LitNet Akademies: Willie Burger (deel 3 van 3)

Willie Burger
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie derde video van ’n drieluik gesels Willie Burger oor postmodernisme, poststrukturalisme en die werk van Karel Schoeman.

Persverklaring: Waarom tans ’n gesagskrisis?

LitNet
Akademies en skole

In sy verontrustende essay "Die gesagskrisis" postuleer die filosoof Ad Verbrugge dat die postmoderne mens en die markgerigte owerheid albei poreus geword het en dreig om te verbrokkel.

Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Uit die argief

Stilte en agentskap in die slaweroman Philida van André P Brink

Shamiega Chaudhari
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2017)

"In die geval van die onderdrukker word stilte ingespan as ’n wyse waarop die meester sy mag oor sy slawe verseker, terwyl stilte in die geval van die slawe dikwels as verdedigingsmeganisme teen enige vorm van mishandeling of magsmisbruik gebruik word."

Slawe en die ontwikkeling van Afrikaans

Maria Smit
Seminare en essays (2015)

'n Taal bestaan uit woorde, grammatikale struktuur en uitspraak. Hoe het slawe Afrikaans help vorm?

Die vrystelling van die slawe

Michael le Cordeur
Menings (2021)

"Daar word dikwels die aanname gemaak dat 'bruin mense' nie so swaar gely het onder die Europese maghebbers nie. Die feite vertel ’n ander storie. Slawe is soos diere in die bos gevang en met slaweskepe na SA en elders vervoer waar hulle op veilings verkoop is."

Die Kaapse slawe, 1652–1838: ’n Kultuurhistoriese perspektief by Eunice Bauermeester: book review

Bill Nasson
Books and writers (2022)

"While never sugar-coating the 'pynlike en onmenslike' practice of enslavement, Eunice Visser’s massively researched epic is a humane and haunting testimony to the unique contribution of the Cape slave experience to South Africa’s national life – the old pulse of a 'multikulturele sosiale milieu'."

Stemme | Voices | Amazwi

Stemme in 2023 | Tien dialoë

LitNet
Stemme | Voices | Amazwi

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

Die herdenking

Deon Opperman
Stemme | Voices | Amazwi

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Deon Opperman se dialoog Die herdenking vertolk Armand Aucamp en Hannah Borthwick die rolle. Wessel Pretorius was in die regisseurstoel.

Stemme: Teaterprojek gee stemme toe alles stil geword het – én daarna

Maryke Roberts
Menings

"Dis ’n projek van LitNet, in vennootskap met Suidoosterfees, NATi en die ATKV wat ondersteun word deur Het Jan Marais Nasionale Fonds en die LW Hiemstra Trust."

Menings

’n Koalisiewaghond?

Freek Robinson, Erwin Schwella
Onderhoude

Aangesien ’n nasionale koalisieregering moontlik ná die volgende verkiesing sal moet regeer, sal Suid-Afrika moet voorbereidings tref om te verseker dat die huidige chaos nie aanhoudend herhaal sal word nie. Het ons dalk ’n Artikel 9-koalisiewaghond nodig? Indien wel, hoe sou so ’n instansie lyk? Indien nie, watter ander moontlikhede is daar?

Verkiesing 2024: Ek slaan my oë op na die berge

Bettina Wyngaard
Menings

"Behoort ouer mense nie afstand te doen van magsposisies wanneer hulle nie meer behoorlik in staat is om by te dra nie? Daar is geen skande aan om ’n mentor te wees vir iemand jonger en gesonder nie."

Nelson Mandela was ’n spesiale mens, maar geen heilige nie

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die vraag wat nou, hier kort na die einde van Nelson Mandela-maand, onwillekeurig by my opkom, is of dit nodig sou wees om Madiba se donker kant te onthou. Ons almal het immers ’n skadukant. So, hoekom nie?"

’n Huldeblyk aan Kelvin Singini, voorheen kelner by Asta in Stellenbosch

Willem de Swyger
In memoriam

"jy was ’n kelner
wat my soms bedien het
’n vreemdeling
uit ’n vreemde land"

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

Nou op Voertaal

Nederland gee honderde kunsskatte terug aan lande van oorsprong

Jean Oosthuizen
Cultuur

"Daar is toenemende druk in die internasionale gemeenskap vir die restitusie van gesteelde koloniale artefakte aan hul oorspronklike lande en gemeenskappe. Die komitee het aanbeveel dat Nederland ’n proaktiewe benadering moet volg om restitusie te fasiliteer en om eerlike, moreel relevante en etiese beginsels toe te pas."

Kom ons gaan "wiltyn" toe!

Maryke Roberts
Reizen

"Ons Kruger-boek is weer baie handig want dit wys al die grootste diere en al die klein sirkelroetes weg van die teerpad wat jy kan volg."

Gesiene Suid-Afrikaner voorsitter van Moonshot-beraad

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"William Gumede is as voorsitter aangestel van die Nasionale Konvensie wat op 16 en 17 Augustus 2023 by Emperor’s Palace in Kempton Park sal vergader om die beoogde Moonshot-pakt van stapel te stuur."

Malema sal aanhou sing en Ramaphosa hou aan swyg

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Malema het Woensdag tydens ’n inligtingsessie van sy party aan joernaliste gesê hy beplan om voort te gaan om die lied te sing omdat die Hooggeregshof in 2022 beslis het dat dit nie haatspraak is nie."

Malema se omstrede "Kill the boer" maak internasionale opslae

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Steenhuisen sê die eerste element van die DA se klag by die VN se Menseregteraad sal fokus op Malema se herhaalde aanhitsing van etniese geweld."

Ramaphosa paai die land oor beurtkrag

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Jaar het verloop sedert die energie-aksieplan bekendgestel is om die beurtkragkrisis op te los. Volgens Ramaphosa kan daar nou beduidende vordering op verskeie gebiede gerapporteer word."

Persbericht: Shortlist Taalboekenprijs 2023 bekend

Voertaal
Over taal

Dit najaar wordt (voor de vijfde keer) de Taalboekenprijs toegekend – een onderscheiding voor het beste publieksboek over (de Nederlandse) taal.

Persverklaring: Samespraak-gespreksforum

Voertaal
Literatuur

Julle word vriendelik uitgenooi na die Samespraak-gespreksforum op 10 Augustus 2023 van 12:15 tot 13:45. Louise Viljoen sal in gesprek wees met Eben Venter en Andries Visagie sal in gesprek wees met Siegfried Huigen.

Boeke en skrywers

Finding Endurance: Shackleton, my father and a world without end by Darrel Bristow-Bovey: a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"When the remains of Endurance were found, Knowledge Bhengu was the captain of Agulhas. Bristow-Bovey tells, in a sympathetic way, how a young black boy from rural KZN ended up being a marine captain of note. The book is researched comprehensively, its narrative style topically eclectic and lyrical tonally. The book is a mixture of natural sciences, geography, polar adventures and historical facts that are told in accessible language, in chapters with personal memoirs and other curiosities."

Cliffordene Norton antwoord Kerneels Breytenbach

Cliffordene Norton
Elders gesien

"Ja, daar is steeds mense wat boeke self publiseer, maar ek dink nie aan daardie mense as skrywers nie. Baie skrywers wat self uitgee, het hulle herdoop as 'indie authors', want hulle benadering is meer soos dié van ’n tradisionele uitgewershuis op klein skaal."

Hierdie een skitter: ’n resensie van Out of mind deur Barbara Townsend

Trisa Hugo
Resensies

"Dit is ’n lywige werk met ’n stadige pas, in ooreenstemming met die tydsgees. Soms wil die leser gefrustreerd raak met die ontwykende, subtiele maniere en die stadige pas waarteen verhoudings ontwikkel, maar dit is hoe outydse hofmakery was."

Nicol Stassen 60, ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"In die bloemlesing is dit kenners wat vanuit hul eie veld praat oor sy bydraes tot soveel verskillende aspekte van ons land en sy mense. Van die pryse en toekennings wat hom al toegeval het, kom ook ter sprake."

A good thriller: a reader’s impression of Heir to the Fourth Reich by Di Mier

Annalize Marx Hills
Books and writers

"This fast-paced dystopian thriller, written by Di Mier, is fiction – not all events are based on reality. However, it is written in such a clever way, and some facts are so close to reality, that it all seems true."

Kleinboer (1956–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"In my lewe het ek albei wêrelde nodig: die intellektuele Westerse boekewêreld waarin ek grootgeword het en die gemaklike, ontspanne wêreld van swart Yeoville. Ek kan nie sonder een van hulle klaarkom nie. As ek in die een is, verlang ek na die ander."

Dan Sleigh (1938–2023)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“’n Violis sou nie wou hê iemand moet aan sy strykstok of viool iets verander nie – hoekom kan dieselfde respek nie vir taal geld nie?”

LitNet verneem met leedwese dat Dan Sleigh oorlede is. Ons deel hiermee Sleigh se ATKV|LitNet-Skrywersalbum. Lees gerus meer oor hierdie merkwaardige mens.

Die wenners van ’n aantal Crito-pryse word aangewys

LitNet, Crito
Boeke en skrywers

Crito, LitNet se resensent van resensente, het weer ’n aantal wenners aangewys vir lesersindrukke gelewer van Februarie tot Junie 2023. Elke wenner sal R1 500 ontvang.

Persverklaring: Hierdie skrywers het die US Woordfeeskortverhaalbundel 2023 gehaal

LitNet
Toyota US Woordfees

Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, en vanjaar is dit dus Borrel.

Persbericht: Etienne van Heerden en Deidré Jantjies over de kracht van verhalen in Boeken uit het Huis

LitNet
Boeke en skrywers

Op donderdag 31 augustus begroet het Zuid-Afrikahuis een oude bekende. Dan is Etienne van Heerden online te gast om te praten over de herziene vertaling van zijn indrukwekkende debuutroman Toorberg (1986). Aan het gesprek wordt ook deelgenomen door vertaler Rob van der Veer en cultureel activist Deidré Jantjies, schrijfster van Stories in die wind.

Persverklaring: Napier-ekspedisie

LitNet
Boeke en skrywers

Wilma Stockenström word vanjaar 90. Om hierdie groot figuur in die Afrikaanse letterkunde te gedenk, word ’n feesviering die komende naweek (5 en 6 Augustus) op haar geboortedorp, Napier, gehou.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 31 Julie tot 4 Augustus 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Stef Bos

Naomi Meyer, Stef Bos
Feeste

"Ek sien daarna uit om met Frazer iets te sing en te skryf. Ek hou van hom en dink ook dat hy ’n brug kan bou na die noorde."

Jean’s Hill: ’n onderhoud met Henry Cloete

Naomi Meyer, Henry Cloete
Musiek

"Die lekker ding van woordloosheid (en taalloosheid, uiteraard) is dat bykans enigiemand in die wêreld aanklank daarby kan vind (indien hulle daarvan hou … ek maak geen beloftes of aannames hieroor nie), so dit is ook ’n interessante nuwe rigting om te verken."

Barbie – ewe veel verheerliking, verwyt en vermaak

Reney Warrington
Film

"Barbie gun die pop die krediet wat sy toekom, maar spreek ook die skade aan wat sy verrig het. Gerwig vra ook hoe ons verder beweeg: Hoe lyk die nuwe vergestalting van die speelding? Wat word sy in 2023, of 2033, toegelaat?"

Persverklaring: Kunstekaap Women’s Humanity Festival

LitNet
Teater

Die Artscape Women’s Humanity Festival is in werklikheid ’n fees vir almal. Met die styging in gendergebaseerde geweld, moet alles in die stryd gewerp word om kulturele opvattings, onregverdige godsdienspraktyke, aanstootlike taalgebruik en gedrag te verander wat aanhou om vroue te ontmens en objektiveer. Dus omarm die Fees die LGBTQ+-gemeenskap met 'AbFab'- (Absolutely Fabulous-) stories wat byvoorbeeld gaan daaroor dat jy jouself as ’n mens aanvaar.

Persverklaring: Onvergeetlike musikale Karoonag by Klassique

LitNet
Musiek

Een musikale hoogtepunt wat ’n onvergeetlike aand van musiek beloof, is ’n Karoonag met die Suid-Kaap Kinderkoor en vriende (Vrydag 4 Augustus 19:00). Dié multibekroonde streekskoor, onder leiding van Jan-Erik Swart, is te sien saam met die Suid-Afrikaanse musieklegende Coenie de Villiers en twee soprane van Kaapstad Opera, Brittany Smith en Alida Scheepers.

Persvrystelling: Hessequa Harmonie beloof ’n simfonie vir die sintuie in September

LitNet
Feeste

Hessequa Harmonie is ’n fokusfees met klassieke musiek as vertrekpunt en ’n fyn uitgesoekte program van woordkuns en teaterervaringe om kuns van hoogstaande gehalte toeganklik te maak op die platteland.

Press release: Makhaola Ndebele’s one-man theatre show hits TheatreArts in limited season!

LitNet
Lifestyle and entertainment

Inspired by the South African experience of being born in exile and yearning for a place to call home, Cantos of a life in exile weaves together a tapestry of diverse theatre and performance styles.

Die wenners van kaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad is ...

LitNet
Musiek

Die volgende persone ontvang elkeen twee staanplekkaartjies na die Theuns Jordaan Tribute-konsert in Kaapstad ...

Nuwe skryfwerk

Een oggend in Bonteheuwel

Christo Meyer
Poësie

"iewers klap skote
ek hoor iemand gil
en dan ewe skielik
is alles grafstil"

Vergiftig

Katryntjie
Poësie

"Vasgevang in jou web
gespin met verbittering
waar liefde spartelend
vergiftig word deur jaloesie"

Met my laaste geboorte

Martin Labuschagne
Poësie

"met my laaste geboorte
het my moed my begewe"

Dis Hy

CJ Saterdag
Poësie

"Dit is Hy wat seisoene tot
’n einde bring
Hy wat
huise omskep in ’n
Hemelse atmosfeer."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved