Of jy nou Valentynsdag gaan vier of nie, hier is dié week se Vers en Klank-program. Johann Nel lees Die mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte. (RSG)
Kirby van der Merwe het vir Marita van der Vyver op Aurora in die Sandveld gaan kuier, waar sy Kersfees saam het haar familie gevier het. Sy gesels oor haar Franse man, dogter Mia, Die Blou van onthou en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) projek. (By)
Die digter Pablo Neruda, wat in 1973 oorlede is, se lyk sal eersdaags opgegrawe word. Die Chileense hof het ’n nadoodse ondersoek beveel om die redes vir sy dood vas te stel na baie jare se spekulasie. (Huffington Post)
Dit was nog nooit maklik om oor seks te skryf nie. (New Republic)
Ben en die Walvisse is ’n kinderboek oor lewensreise. Riëtte Grobler gesels met Ingrid Mennen oor die lewe se groot raaisels en waarom kinderboeke kan help om hierdie vrae te beantwoord. (Die Burger)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

