Die “Maggie May”-sanger Rod Stewart se outobiografie geniet oral positiewe resensies en Stewart word wyd geprys vir sy eerlikheid en skerp humorsin. Vernon Janse van Rensburg van Boeke24 resenseer Rod, The autobiography.
Die voorblad lyk na iets wat self uitgegee is en “daar is géén koherente gedagtelyn in die boek nie,” skryf Jaco Nel oor Hans Pienaar se Chaos of op soek na Superman.Maar as jy ’n chaos-filosoof is, mag dié boek jou prikkel. (Boeke24)
Sophia Kapp is ’n liefdesromanskrywer van Centurion wat vir gewone mense skryf. JB Roux van Rapport gesels met haar oor deernis, heldinne en die lewe as ’n reis.
Pride and Prejudice se 200ste-aandenking-jaar: Die Britse skrywer Jo Baker se jongste roman is ’n hervertelling van die verhaal – maar dié keer uit die huisbediendes se oogpunt. Longbourn se fliekweergawe word ook binnekort verfilm. (nydailynews)
Toe Carl Rollyson aan ’n Sylvia Plath-biografie begin werk, het hy op ’n hele paar foto’s afgekom wat ’n ander storie as die meeste boeke en artikels skets. (Huffpost Books)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

