LitNet-leeskeuses: Woensdag 24 April 2013

  • 0

Ingrid Winterbach se roman Die aanspraak van lewende wesens is pas benoem vir die WA Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse literêre werk in alle genres. Die prys is deel van die Media24 Boeke Literêre Pryse en Jan Rabie Rapport-prys.

Die naaswenner van verlede jaar se RSG Radiodrama-kompetisie se verhaal, Veertig dae, word Donderdagaand om 20:00 as deel van Radioteater uitgesaai. Wilken Calitz (ook bekend as een van Die Skynmaagde-duo) se teks handel oor skoolseuns en hulle 40-dae-kattekwaad.

Die Amerikaanse Biblioteekvereniging het pas die ses finaliste in die 2013 Andrew Carnegie- medaljes vir uitmuntendheid in fiksie bekendgestel. Die lys lyk so: In die fiksie-afdeling is Richard Ford (Canada), Louise Erdrich (The Round House) en Junot Díaz (This is how you lose her) gekies. Vir niefiksie: Jill Lepore (The Mansion of Happiness: A History of Life and Death), Timothy Egan (Short Nights of the Shadow Catcher: The Epic Life and Immortal Photographs of Edward Curtis) en David Quammen (Spillover: Animal Infections and the Next Human Pandemic).

Nóg 'n gelukkige leserstorie. En hierdie keer het die man weliswaar nie geld in die boek gevind nie (sien 'n vorige Boekenuus-inskrywing), maar hy het op Martin Luther King Jr se handtekening afgekom. (NY Daily News se Books Blog)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top