LitNet-leeskeuses: Vrydag 1 Maart 2013

  • 0

In hierdie week se Vers en Klank-program gesels Corina van der Spoel oor die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. Willie Burger gesels oor Jan Huisamen se Die verhaal van Katryn: Vrou van die Richtersveld, en Joan Hambidge praat met skrywer Carrol Clarkson. (RSG)

Lauren Beukes se The Shining Girls is so pas vrygestel en daar word op sosiale netwerke gegons oor dié boek. Beukes het tydens 'n eksklusiewe ete aan Nechama Brodie vertel waar die idee vir die boek vandaan gekom het en hoekom sy Chicago as milieu gekies het. (BooksLIVE)

Deon Meyer gesels met Jonathan Clayton van die Londen Times. (deonmeyer.com)

Toe daar in Mei 1948 'n oorlog in Jerusalem uitbreek, is baie mense se boekversamelings vernietig of deur die Israeliete gekonfiskeer. Die boeke sit vandag steeds in 'n Israeliese biblioteek en is nooit aan die vlugtelinge terugbesorg nie. (globalpost.com)

Het jy al gehoor van literêre plaatversamelaars? 'n Merkwaardige argief plate  is te koop vir $80 000. (The Times Literary Supplement)

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top